Maskew Miller Longman, 2012. — 321 p. — ISBN: 9780636135093.
Afrikaans sonder grense is ’n volledige taalreeks vir Afrikaans as Eerste Addisionele Taal. Dié taalreeks strek van Graad 1 tot Graad 12 en voldoen aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV).
Dié gebruikersvriendelike reeks bied onderwysers en leerders prikkelende, leerdergerigte stof wat deurgaans vaardighede inoefen.
Leerders se taalvaardighede soos Luister en praat, Lees en kyk: Begrip en Letterkunde, Skryf en aanbied, asook geïntegreerde Taalstrukture en -konvensies word doeltreffend ontwikkel sodat die leerders in die multikulturele opset in die land ook in Afrikaans kan kommunikeer.
In Graad 11 is dit nodig om elke taalvaardigheid volgens die tydstoekenning per tweeweeksiklus in die NKABV te onderrig:
Luister en praat: 1 uur: 10%
Lees en kyk: Begrip en Letterkunde: 4 uur: 45%
Skryf en aanbied: 3 uur: 35%
Taalstrukture en -konvensies: 1 uur: 10%.
‘n Onderwysersgids vir Afrikaans sonder grense Graad 11 Eerste Addisionele Taal is ook beskikbaar.